Groot Trek D + baie dae

Ons is nog altyd nie gesettle nie . Dit vat net oneindig lang om alles op sy plek te kry.

Ok ,die kaste in die garage is op , die tuinhuisie het sy undercoat gekry,ek kan nou begin om dit te bou .Dit moet voor 12 April klaar wees want dan gaan haal ons al die goed wat nog by die ou huis in die garage staan.Die tuin mense het die gras kom plant , nou net wag tot dit begin groei.

Ek het alles “gefix” by die ou huis , die solder is “leeg”,meeste van die gemors is weg en alles le klaar vir die 12de.Dis nog net Claude se goed wat ek nie weet wat ek met dit moet aanvang nie.

Ek moes maar water in die vistank gesit het want daar was omtrent nog net so 3 sentimeter water oor en daar is nog altyd 7 of 8 visse , een rooie en die res is omtrent almal swart.

Groot Trek – D+2

Ok die keer het die alarm afgegaan en is ons vol woema .Eers die voorhuis , dan die eetkamer en dan ons slaapkamer , dit begin regkom.

Met al die goed in die slaapkamer kom ons agter dat die kamer te smal en te lang is om die furniture reg te set.Toe kom ek op ‘n’bright idea’.Ek se vir Ma , kom ons draai die klerekas om en maak dit dan ‘n aantrekkamer ,dan kan ons die spieëlkas teen die klerekas se rug sit , en Ma hou van die ideë.

Jean-Luc , bad luck vir jou , die kas moet weer uitmekaar.Dit sal dan al die vyfde keer wees wat ons die swaar monster ding gaan bouw.

Voor die end van die week behoord alles min of meer reg te wees dan kan ons begin aan die tuinhuisie.
Die planning is nogal skrap.Vrydag kom hulle die TV aansluit.Dan het ek ‘n week tyd om die tuinhuisie te verf en te bouw.want die volgende vrydag gaan ons weer ‘n lorrie huur om die goed in die garage en tuin by die ou huis te trek naar die nuwe huis.By die nuwe huis loop jy dadelyk van die garage naar die kombuis dus daar mag nie ‘stink goed’ in die garage nie soos grasmasjien,’weedkiller’ ens.

Intussen hoop ons dat die ou wat die gras kom plant ook klaar is of tenminste die grond gelyk gemaak het.En dan moet ons wag vir internet en die telefoon.Ons moet ook nog die elektrisiteit op ons naam vat en ons laat inskryf in die ‘gemeente’

Groot Trek D+1

Die alarm klok het nie afgegaan en ons het eers net voor nege wakker geword …. En die bars die bom , die pille het uitgewerk.Dit het eintlik al gisteraand begin toen ek die fluorescent lig laat val het.Ek het weer vir Jean-Luc gevra om te help en vir hom gevra om by die ou huis te gaan ,dan kan ons mekaar daar meet en laaste dinge in die ou huis saam vat maar ma is toe nie lus nie en ek gaan dan ma alleen naar die ou huis waar Jean-Luc al sit en wag.Ons sit toe die trap se leuning terug op sy plek ,maak nog ‘n paar gate toe in die muren en gaan naar die nuwe huis.Ma is al ‘n bietjie in ‘n beter ‘mood’ en ek en Jean-Luc begin om die klerekas weer te bou.Dit vat ons die beste deel van die namiddag , gelukkig kom die elektriese skroewedraaier tot die ‘rescue’.Teen ses uur begin die lank pad om ‘n eetplek die soek waar daar nog plek is.Lyk vir my of die hele bledie land vandaag gaan uiteet.Eers try ons Royal in booischoot, dis vol ,dan probeer ons Vital , dis ook vol dan Darchy , dis ook vol ,Kloosterhoeve het ‘n groot party en dis dus ook vol dan maar naar Leuven en eindig ons by ‘De Wiering’.Sestig kilometer vir ‘n stukkie kos.

Groot Trek D-day

Vroeg opgestaan en nog hier en daar dinge reg gekry .Ma is al vroeg ander kant toe en ek vag vir die trek lorrie , Sewe uur twintig en hulle is daar .Somer vinnig die voor deur uithaak om plek te maak en daar gaat al die goed ,dis net voerts warts .hulle is met vier mense en ,bogger dit , ek  supervise net.

Teen half nege  is Ma terug en hulle is amper klaar.Ma is uiters kalm , ek denk sy het pille gevat want Ma is nooit so kalm nie…. of dis die stilte voor die storm !!!

Daar gaat ons .By die nuwe huis haak ons ook die voordeur uit en dis weer voerts warts . Ek kry nie tyd om vir hulle te beduie waar die dinge moet kom nie , Op die ou end beland die meeste dinge in die garage,en Ma is nog alyd uiters kalm , dis sterk pille daai!!!

Net voor elf uur is die mense klaar en sluit ons die deure , ons is…

Nou begin die groot dinge .Ek en Ma het gepraat en besluit ons gaan alles op sy tyd doen ….wishfull thinking …. Ons gaan eet ‘n stukkie by die Turk en kry my eerste koppie boeretroos vir die dag en dan weer begin uitpak.

Groot trek – D-1

Vandaag verlof gevat want more trek ons .Daar is nog so baie werk dis net nie waar nie , van waar kom al die gemors … oeps , eh , onmisbare dinge wat al tien jaar in ‘n boks sit.
Ma en Chantalle is by die nuwe plek om alles skoon te maak en op hulle plek te sit.
Hulle het my alleen by die ou plek gelos.Nou kan ek gas gee .
Die slaapkamer en die eetkamer se goed moet ingepak wordt met papier,karton ,bubblewrap en clingwrap.Die solder moet leeg kom .Al die breekgoed , glase en bottels wyn)moet nog gepak word.Al die goed moet uitgesort word vir die mense wat ons kom trek.Ek hoop net dat hulle dir ordentlik gaan doen want die’witmense’ van hier gee nie ‘n damn om vir ander mense se dinge nie.

Die ‘highlight’ van die dag .Nou ja die kos kaste is al leeg die potte en panne is al weg en dis 12 O clock en die honger knaag.Ek kry vir my drie aardappels , dump hulle in die microwave , net voor hulle gaar is , dump ek nog ‘n paar stukkies kaas op die aardappels en … met die res van die bottel wit wijn ‘serve’ ek vir myself ‘n kings meal.Op my gat tusse die bokse ,net te lekker.

Teen so sewe uur die aand is daar daarom so ‘n bietjie lig in die tonnel.

Groot Trek – D-3

Ons het ‘n trokkie gehuur en ek en Jean-Luc gaan al die kosbare dinge wat ons kan optel naar die nuwe huis vat.Op die ou end kon ons drie trippies doen , nie te bad.

Eerst is die die klere kas wat gelaai word en die hallstand en die lorrie is vol .
Tweede trip vat ons toe die hele sitkamer ( die Natuzzi stel)
Laaste trip vat ons die Eetkamer tafel en nog matte

 

Die voor laaste ding vir die aand was om die trp se leuning af te haal en die laaste ding was om te gaan eet Kloosterhoeve

Groot trek – D-5

Ek en Stijn het die klere kas uitmekaar gehaal , die groot ding is die dak en die deure en dan die honderde skroewe en dinge wat die kas aan mekaar hou.

Johan word vandaag begrawe

Johan , Jacques se oom, is laas week skielik oorlede as gevolg van ‘n maagsweer.

Ons is nog nie seker wat het gebeur nie maar in minder as twee nadat Johan sleg gevoel het is hy oorlede.

Dis weer ‘n swaar slag vir ouma Anna , na Jacques se pa is dit die tweede seun wat sy aan die dood afstaan.Ons voel saam met haar .
Johan was nog ‘n laaitjie toen ek hom leer ken het , daar in bankstraat in Nigel.Vir hom was ek deel van die famillie.

Die Groot Trek

Hier gaat ons weer , die groot trek.Maar ja , ons trek weer .

Ons het ‘n huis gekry .’n nuwe huis wat nogal nie te bad is nie en die prys is ok ( value for money kind of thing)Dis in die dorp ,naby die spoorlyn ( al nadeel) maar ons kan die trein en bus vat , nie soos by die ou plek waar daar niks was nie.
Natuurlyk omdat dit nuut is , is daar nog niks nie , geen tuin ( hulle gaan gras plant) .Met die garage wat aan die huis is moet al tuingoed  naar ‘n tuinhuisie …wat nog moet kom en wat Pa nog moet paint en bouw ( here we go again) laas keer , by Abst ,toe breek ek my pinkie op die tuinhuisie.Daar moet teëls kom , daar moet ‘n afdak kom ,daar moet ‘n plekkie kom vir die asblikke, daar moet ‘n plekkie kom vir die ‘bledie’ tuinafval ens.Vir die afdak gaan ek die pergola se hout gebruik, dit ook weer ‘n job en half wees.

Ons ry so elke dag ‘n paar dinge naar die nuwe plek , een kamer is al omtrent vol.Dit lyk of ‘n orkaan die ou plek getref het en Ma is nie baie gelukkig nie.
Ons het ons kamer leeg gemaak en in die ‘gaste’ kamer gesit.Die spieelkas staan in die gang.Ek het die Pergo laminaat uit ons kamer gehaal en nuwe , cheap,laminaat ‘geplace’ .All in a days work.Toe sit ons Lucas se bed in die groot kamer en rol ons die matte op om naar die nuwe plek te vat.Chantalle en Lucas kom daar aan en ons vat Lucas boontoe…Hy kyk so vir die spieëlkas in die gang , hy kyk so in die gaste kamer , loop toe in ons kamer , kyk naar sy klein kot in die groot kamer ,skud sy kop en sê : hoho , hoho.Ma en Chantalle kan nie hulle lag inhou nie , Lucas se gesiggie was geld werd. Shame die kind het ooronsteking en elke keer as hy wil praat dan hou hy eers sy oortjie vas.Niks fout met sy verstand nie.

Ek het die onderste toilet ‘ge-restore’ naar sy ‘former disgusting glory’meaning al ons mooi goed is uit en al die ‘jikkie’ ou k.k is terug .
Ek is besig om die kombuis kaste uit te haal in die berging.Ek sal die hele muur moet paint want toen ek die ‘plastic’ teëls afhaal het die muur se paint het saamgekom tot op die hout . Gisteraand nog die eerste laag’make-up’ ( polyfiller) op die muur .Vandaag miskien die kaste begin uithaal as hulle nie te swaar is nie ,My rug wil nie so lekker saam werk nie .My mind se ek is twintig maar my body se ek is fiftyfive, damn.

Toeka se dinge

Toen ons laas by ouma Mia was, vertel sy die dinge

Tydens die tweede wereld oorlog het ‘n duitse V1 bom die skool getref toen hulle in die klas was .Ouma se dit het geklink soos ‘n brommer wat skielik stil geval het en toe is daar ‘n groot ontploffing en al die vensters het gebreek.Ouma het ook van die skerwe in haar gesig gekry. Ouma moes toe so omtrent agt of nege jaar oud gewees het.Sy se hulle het naby die stasie gebly en daar was lugafweer kannone net om die hoek .’n Hele paar keer het die vliegtuie oorgevlieg en geskiet dat dit klap terwyl hulle in die straat gespeel het .Een dag het ‘n duitse soldaat haar eenkant toe getrek en bo op haar geval toe die vliegtuie weer so oorvlieg en skiet .

Die ander storie is toen sy die koning (boudewijn) ontmoet het … Ouma was oppad naar ergens , sy kan nie onthou nie , en toen sy in die een straat kom is daar net ‘n massa mense en ouma besluit toe om agterom te loop .Net daar kom daar ‘n groot slap kar aangery gaan die huis se deur oop en loop daar ‘n man naar die kar , toen die man by ouma verby loop groet hy vriendelik en klim in die kar in ,dis toen dat ouma besef dit was die koning van België .Sy staan toe en kyk hoe ry die slap kar weg.